74ste Golden Globe-toekenningsaand

  74ste Golden Globe-aand 

Datum 8 Januarie 2017
Plek The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië
Aanbieder Jimmy Fallon
Beste rolprente en reekse
Rolprent  Moonlight (drama)
La La Land (komedie of musiekspel)
TV-reeks  The Crown (drama)
Atlanta (musiek of komedie)
Minireeks of TV-prent  The People v. O.J. Simpson: American Crime Story

Die 74ste Golden Globe-aand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2016 vereer het, is op 8 Januarie 2017 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou.[1] Op 2 Augustus 2016 is aangekondig die akteur en kletsprogramaanbieder Jimmy Fallon sal die aanbieder wees,[2][3] en op 3 November dat Meryl Streep die Cecil B. DeMille-prys sal ontvang vir haar lewenslange bydrae tot die vermaakbedryf.[4] Die benoemdes is op 12 Desember aangekondig.

La La Land het al sewe pryse gewen waarvoor dit benoem is; dit was dus die mees suksesvolle prent in die Golden Globes se geskiedenis en die sewende prent wat elke prys gewen het waarvoor dit benoem is. Dit sluit in dié vir beste regisseur, beste draaiboek en beste komedie of musiekprent.[5][6]

Die enigste ander rolprent wat meer as een prys gewen het, was Elle, wat albei die pryse gewen het waarvoor dit benoem is.[7][8] Van die TV-programme wat meer as een prys gewen het, is The Night Manager, Atlanta, The Crown en The People v. O.J. Simpson: American Crime Story.[9]

  1. Celada, Luca (8 April 2016). "We Have a Date - for the 74th Golden Globe Awards!" (in Engels). Golden Globes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Augustus 2016.
  2. Bahiana, Ana Maria. "Our Host for the 74th Golden Globe Awards: Jimmy Fallon" (in Engels). Golden Globes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Augustus 2016.
  3. Moylan, Brian. "Jimmy Fallon a change in direction for Golden Globes hosting gig" (in Engels). The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 Augustus 2016.
  4. "Meryl Streep:The Recipient Of Our Cecil B. deMille Award 2017" (in Engels). HFPA. 3 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 November 2016.
  5. "'La La Land,' 'Atlanta' Win Big at 2017 Golden Globes". The Rolling Stone. 8 Januarie 2017. http://www.rollingstone.com/tv/news/la-la-land-atlanta-win-big-at-2017-golden-globes-w459802. Besoek op 9 Januarie 2017. 
  6. "La La Land wins record seven Golden Globes as Moonlight takes best drama". The Guardian. https://www.theguardian.com/film/2017/jan/08/golden-globes-2017-la-la-land-moonlight-meryl-streep. Besoek op 9 Januarie 2017. 
  7. "Golden Globes: 'Elle' Wins Best Foreign-Language Film". The Hollywood Reporter. http://www.hollywoodreporter.com/news/elle-wins-best-foreign-language-film-golden-globes-2017-960476. Besoek op 9 Januarie 2017. 
  8. "Isabelle Huppert Wins Golden Globe for Actress in a Drama for ‘Elle’". Variety. http://variety.com/2017/film/awards/isabelle-huppert-wins-golden-globe-for-actress-in-a-drama-for-elle-1201955542/. Besoek op 9 Januarie 2017. 
  9. "Golden Globes 2017: The Night Manager and The Crown lead TV award winners". BBC. http://www.bbc.com/news/entertainment-arts-38551703. Besoek op 9 Januarie 2017. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search